Theresa May

Theresa May
Theresa May
Theresa May (amptelike portretfoto)

Ampstermyn
13 Julie 2016 – 24 Julie 2019[1]
Monarg Elizabeth II
Voorafgegaan deur David Cameron
Opgevolg deur Boris Johnson[1]

Persoonlike besonderhede
Gebore 1 Oktober 1956 (1956-10-01)
Eastbourne, Sussex, Engeland, Verenigde Koninkryk
Eggenoot/-note Philip May (∞ 1980)
Kind(ers) Geen
Alma mater St Hugh's College, Oxford
Religie Kerk van Engeland
Handtekening

Theresa Mary May [təˈriːzə ˈmeəri meɪ], * 1 Oktober 1956 as Theresa Mary Brasier ['breɪʒəɹ] in Eastbourne, East Sussex, Engeland, is 'n Britse politikus en vanaf 2016 tot 2019 leier van die Konserwatiewe Party van die Verenigde Koninkryk. Vanaf Mei 2010 tot Julie 2016 het May as minister van binnelandse sake in die kabinet van premier David Cameron gedien. Van 13 Julie 2016 tot 24 Julie 2019 het May die amp van eerste minister van die Verenigde Koninkryk beklee. Sy was die tweede vroulike premier en leier van die Konserwatiewe Party ná Margaret Thatcher gewees.

Ná twee vergeefse pogings in 1992 en 1994 om 'n parlementsetel te wen, verteenwoordig May sedert die algemene verkiesing van 1997 die kiesafdeling Maidenhead in die Britse Laerhuis. Tussen 1999 en 2010 het May verskeie poste in die skadukabinette van William Hague, Iain Duncan Smith, Michael Howard en David Cameron beklee, waaronder skadusekretaris van vervoer en skadusekretaris van werk en pensioene. Tussen 2002 en 2003 was sy voorsitter van die Konserwatiewe Party. May beskou haarself as 'n aanhanger van sogenaamde One-nation-konserwatisme, terwyl haar politieke standpunt deur politieke waarnemers as liberaal-konserwatief beskryf is.

May het in Oxfordshire grootgeword waar haar pa, Hubert Brasier, as vikaris gedien het. Tussen 1977 en 1983 het sy vir die Bank van Engeland gewerk, en tussen 1985 en 1997 vir die Association for Payment Clearing Services, terwyl sy ook die amp van raadslid vir Durnsford in Merton beklee het.

  1. 1,0 1,1 Tim Ross (23 Julie 2019). Boris Johnson Wins Race to Be Next British Prime Minister. Bloomberg. URL besoek op 23 Julie 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search